OpenHub Repository

Die strewe na ’n sin van verbintenis: ervaringe van ’n Generasie 1.5-student in hoër onderwys

Show simple item record

dc.contributor.author Groenewald, Emma
dc.date.accessioned 2023-09-14T13:07:58Z
dc.date.available 2023-09-14T13:07:58Z
dc.date.issued 2022
dc.identifier.uri https://doi.org/10.56273/1995-5928/2022/j19n3d1
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/20.500.12821/527
dc.description.abstract In hierdie artikel fokus ek op die navigasie en onderhandelinge van ’n Generasie 1.5-student in haar strewe om ’n sin van verbintenis op ’n diverse kampus te verkry. ’n Sin van verbintenis word verbind met die mate waarin studente verbind voel en aanvaar word binne die kampus gemeenskap. Die studie word gerig deur die sentrale navorsingsvraag: Hoe dra die ervaringe van ’n Generasie 1.5-student in hoër onderwys by tot die strewe na ’n sin van verbintenis? Refleksiewe skryfoefeninge en semigestruktureerde onderhoude is gebruik om data van een Generasie 1.5-student te versamel. Met behulp van die narratiewe metodologie is die deelnemer se ervaringe aangaande haar strewe na ’n sin van verbintenis verken. Die deelnemer se gemeenskapsruimte en universiteitskonteks het haar tussenin-identiteit tussen twee wêrelddele (Londen en Noord-Kaap) vasgevang. Yuval-Davids (2006) se vlakke van verbintenis, Maslow (1970) se vlakke van behoeftes, asook die identiteitsteorie van Erikson (1968), Tajfel en Turner (1979) en Bhabba (1994), is as teoretiese lense gebruik. ’n Induktiewe tematiese ontleding het die temas in die data uitgelig. Die data word aangebied onder die volgende temas: skakeling van taal en ras in die strewe na ’n sin van verbintenis; emosionele ervaringe in die strewe na ’n sin van verbintenis en navigasie van ’n sin van verbintenis deur gedeelde waardes. Die ontleding van die data toon dat ’n Generasie 1.5-student se globale en plaaslike kennis bydra tot meertaligheid en meerkulturaliteit. Generasie 1.5 se hidriede identiteit maak die strewe na ’n sin van verbintenis op ’n diverse kampus moontlik. en_US
dc.language.iso other en_US
dc.publisher Stellenbosch en_US
dc.subject Generasie 1.5; hoër onderwys; narratiewe; navigasie; verbintenis en_US
dc.title Die strewe na ’n sin van verbintenis: ervaringe van ’n Generasie 1.5-student in hoër onderwys en_US
dc.title.alternative Aspiring to a sense of belonging: experiences of a Generation 1.5 student in higher education en_US
dc.type Article en_US


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record

Search OpenHub


Browse

My Account